Thursday, 31 March 2016

InterAKTIEWE witbord

'N Interaktiewe witbord. 'N bord voor in die klas, wat lyk soos 'n ou gewone witbord. Sonder die elektrisiteit gekoppel is dit nutteloos, maar met die elektrisiteit en nodige vaardighede is hierdie wit bord soveel meer!

'N interaktiewe witbord is basies 'n projekter wat projekteer wat op 'n rekenaar gebeur. Behalwe dat dit 'n groot raakskerm is waar jy kan skryf in verkillende klere. Hierdie is baie handig in enige Wiskunde klaskamer. Gegee enige grafiek, met die gebruik van die bord kan ons hierdie grafiek roteer, transleer, reflekteer en die grafiek bly akkuraat. Ons kan meetkunde aanbied, vorms skuif en vir leerders grafies verduidelik wat aangaan. Jy as onderwyser hoef nie te sukkel om akkuraat te teken nie.

Net so terloops, sirkels op 'n bord met 'n akkurate middelpunt is glad nie 'n maklike taak nie. Hierdie borde kan jou help om akkuraat te werk. Sketse wat verkeerdelik getrek word kan lei tot onnodige misverstande.

Jy kan natuurlik jou klas betrek deur vir elke een 'n ander kleur pen gee. Elke leerder kan die geleentheid kry om ons grafieke te kopieer en dan kan die klas die tipe transformasie bespreek. As leerders self iets doen, dan onthou hulle beter! Leerders kan weereens hulle analitiese en kreatiewe denke bymekaar bring. Soos genoem in vroeër blogs lei die gebruik van die linker- en regterbrein tot die optimale leerder.

Nie net kan jy skryf, verander en aanpas aan GeoGebra grafieke en vorms nie, die bord het nog potensiaal.

Hierdie borde kan gebruik word om videos te kyk. Enige leerder se aandag is onmiddelik gestimuleer deur klank en 'n beeld. Ons kan nie leerders blameer nie. Tegnologie is geïntegreerd in ons manier van lewe. Soos my ma altyd sê:  "ons is gebore met selfone in ons hande". Met die gevolg is dat ons leerders moet leer in 'n konteks wat hulle ken en waarmee hulle gemaklik is.

Al is dit 'n baie vervelige Wiskunde video, gaan leerders steeds meer bereidwilligheid om aandag te gee. Deur gebruik te maak van tegnologie en witborde kan jy vir leerders bietjie Wiskunde probleme buite die klaskamer leer. Die natuur het soveel interessante wiskunde veskynsels soos Fibonacci in blomme en Golden Ratios in jou branders en jou hele fisiologiese samestelling.

Ons moet hierdie borde kry om interAKTIEF te wees! Leerders moet in spring en deel neem. Hulle moet opgewonde raak en breine moet geprikkel word deur al die moontlikhede daar buite!

Monday, 14 March 2016

Wiskunde in konteks

Wat is meditate? En hoe gaan ons dit toepas in 'n klaskamer sodat leerders deel voel en gestimuleer word?

"Meditation is a practice where an individual trains the mind or induces a mode of consciousness, either to realize some benefit or for the mind to simply acknowledge its content without becoming identified with that content, or as an end in itself." - wikipedia

Leerders moet in 'n klaskamer inloop en tuis voel, dit moet 'n vriendelike en toeganklike omgewing wees.

As jy na hierdie twee klaskamers kyk, kan jy iets sien van die onderwyser en hulle gewilligheid om moeite te doen. Leerders kry baie maklik 'n gevoel oor 'n persoon en die pynlike eerlikheid waarmee jong mense oordeel, kan jou soms onderkry.
Leerders se brein gaan gestimuleer word as hulle Wiskunde somme op die muur sien en gekonfronteer word met probleme in hulle onderbewussein.

Hoe betrek mens leerders binne in die konteks van die Wiskunde somme en begrippe. Sjoe - makliker gesê as gedaan. Ek is al baie gekonfronteer met wiskunde probleme met 'n verskeidenheid persone. Vanaf baie arm skole na 'n Wiskunde eerstejaarsklas, en Wiskunde bly 'n probleem - dit is 'n "Mental block" vir so baie mense - hoe klim mens daaroor?

Die sleutel tot sukses. Daar is 'n verskeidenheid maniere om 'n Wiskunde som te doen, leerders moet dit weet en jy moet hulle metode aanhoor en ondersteun as dit reg is en indien dit onvoeldoende is, moet jy hulle regstel op 'n gepaste manier sonder om hard voor te kom. Soos die Afrikaanse idioom sê - elke man soen sy vrou op 'n ander manier.

Leerders ontwikkel sodoende 'n metode wat sin maak vir hulle en kan daarom 'n huis begin bou op 'n fondasie wat vir hom of haar sin maak. As leerders bewus raak van hulle opsies en self begin dink en die vrymoedigheid hê om deel te neem kan jy leerders stimuleer en onderwys kan begin.

Dit is hier waar leerders se brein ontwikkel en hulle uiteindelik die woord (leer)der "verdien".
Onderwysers moet stimulerende inhoude bespreek, maar 'n verskeidenheid metodes en idees akkomodeer. Voorbeelde moet divers wees en leerders moet kan identifiseer daarmee. Dit help nie jy praat van 'n ingenieur koop nie - probeer eerder iets soos, jy gaan koop 'n brood of jy spaar vir 'n playstation.

Indien moontlik, en dit skakel in by 'n vriendelike klaskamer, verduidelik konsepte visueel. Indien jy die regter- en linkerbrein saam kan span, dan het jy 'n optimale individu. Die kreatiewe brein help dan die analitiese brein en leerders kan hulself plaas in die konteks en saam werk!

Monday, 7 March 2016

Is aanlynonderrig voordelig?

Is dit nodig om reg langs leerders te staan, of kan jy die afstand vergroot met 'n kilometer, 2km, 4km of selfs 1000km. Is afstandsonderwys aanlyn moontlik en wat is die implikasies daarvan?

Kom ons omhein slegs wiskunde en verwante vakke. Aanlynonderwys is beslis 'n moontlikheid en ook in sommige omstandighede meer behulpsaam vir leerders. Leerders wat gebruik maak van aanlyn onderrig ontwikkel 'n leerstyl wat vir hulle werk. Om inligting te ontvang aanlyn is baie handig, jy kan die "pause" knoppie druk, "rewind" om net weer te hoor wat die Meneer/juffrou gesê het. Leerders kan dus op hulle eie tempo werk en seker maak hulle verstaan deur konsepte herhaaldelik te hoor.

Vanuit persoonlike ervaring. Ek het aanlyn/afstandonderwys ontvang in my Addisionele Wiskunde (Admaths). Notas is elke week via e-pos gestuur en indien jy enige vra gehad het kon jy 'n hulplyn skakel of 'n afspraak op Skype gehad het met 'n tutor. Hierdie aanlynonderrig behels 'n paar kritiese komponente. Voorbeelde en oordrag manier vanaf onderwysers moet baie volledig wees en bestaande uit menigde voorbeelde asook verskillende mániere van benadering. Leerders moet dan identifiseer met 'n metode wat werk vir hulle. Dit is baie verrykend vir leerders om verkillende metodes te sien omdat dit leerders se kritiese denke vermoë bevorder.

Aanlynonderrig bevorder selfdissipline by leerders, dit neem baie meer dissipline om by jou rekenaar te sit en somme te ontleet as om net 'n juffrou te hê wat dit verduidelik en skribbel op die bord voor jou. Die vermoë om inligting te neem en jou eie te maak is baie belangrik, leerders is baie geneig om net 'n massa inligting te neem, te leer en weer te gee. Hierdie proses vind plaas, maar leerders het steeds geen idee wat die werk behels nie. Gevolglik word die wiskunde somme al moeiliker, jy kan dit nie meer leer nie, oops - ek het nooit Wiskunde verstaan nie en nou neem my Wiskunde punte eksponensieel af en leerders en ouers blameer die juffrou.

Bereidheid om te sukkel en iets self te probeer verstaan is baie baie kardinaal in Wiskunde, anders gaan jy jouself iewers vasloop in 'n hoek. Aanlynonderrig verplig leerders om daardie eienskappe te bevorder, maar leerders wat nie bereid is nie, gaan nie slaag met aanlynonderrig nie.

Ek ondervind dat leerders wat aanlyn onderrig ontvang het en/of net beskik oor die eienskap om op sy eie te werk en werk te ontleed vorder goed in naskoolse studies. Hierdie leerders is gewoont daaraan om op sy/haar eie te werk deur net die beskikbare materiale te gebruik en navorsing te doen indien jy steeds vashak. En dit is die essens van 'n student wees.

'N onderwyser kan nooit vervang word nie, maar aanlynonderrig stel jou in staat om honderde leerders te help in plaas van net daardie in jou klas!

Monday, 29 February 2016

Die harde werklikheid van Wiskunde

“Ek haat wiskunde #spreadmathhate”. “My wiskunde onderwyser het alweer vir ons ‘n pak huiswerk gegee vir more #sobaiewerkekslaapeerder”. “Wiskunde is aaklig #wiskundeisvirdievoëls”. “Wiskunde is absoluut ondoenbaar #skietmynou”. Hierdie is presies wat gaan gebeur as jy jou graad10 – graad12 leerders vrylaat op Twitter om deel te neem aan ‘n wiskunde gesprek.

Sosiale media soos Blogs, Twitter, Whatsapp, Facebook en Instagram is beslis ons toekoms en dit is ook iets wat leerders besonders prikkel om deel te wees, omdat dit vir hulle bekend is. Ons jongmense raak groot daarmee, dit voel op ons vlak, dis ons speelgrond en daarom is ons gemaklik. Noem my outyds, of net gemaklik met waarmee ek skool gegaan het, maar sosiale media hoort nie vir my in ‘n wiskunde klas nie.

Wiskunde is vir my ‘n vak met baie streng dissiplines en soos in my eerste paragraaf, dit is ook nie ‘n vak wat baie vriendelik en gemaklik by leerders is nie. Daar is altyd die uitsondering op die persoon wat ‘n wiskundige, aktuaris, ingenieur of een of ander wetenskaplike wil wees, maar dis soos die engelsman sê: “far and few between”.

Ek dink egter dat leerders moet gebruik maak van internet bronne om meer oor wiskunde uit te vind. Bietjie addisionele navorsing te doen om bewyse te verstaan en wiskundige stellings hul eie te maak. Ons moet in ons onderwystelsel leerders probeer prikkel om die wiskunde taal te verstaan. Dalk na so paar Blogs of Tweets kry jy dalk die perfekte studie vriend/vriendin, maar die waarskynlikheid is min en sal beslis ondersoek moet word (; ...

Porgramme wat beskikbaar is op die internte, soos byvoorbeeld Geogebra, is iets waaraan ek graag enige leerder wil bekendstel. Dit is ‘n program waar mens grafieke kan tre, konstruksies kan doen en dit kan rondskuif. Hierdie is ‘n platform wat ek graag in ‘n klaskamer sal wil gebruik en toepas. Leerders kan hieruit leer en dan daaroor hulle ervarings deel op sosiale netwerke, omdat dit iets meer informeel en  “buite” die klaskamer is.

In die geval wat sosiale media aangewend sal word, sal dit wees om inligting oor te dra aan leerders wat belangrik is, want watter deursnee tiener kyk nie elke aand laaste ding voor slaaptyd op hulle foon nie, al is dit net om seker te maak daar is nie een nuwe notification nie. Sport, kultuur en buitemuurse aktiwiteite waarvan jy foto’s wil deel  of  minder formele skool aktiwiteite is gepas vir sosiale media. Ook hier moet jy as onderwyser ongelooflik baie diskresie toon. Inligting versprei soos veldbrande, een verkeerde foto, een skewe woordjie, een verdraaing van die waarheid en daar is nog is ‘n wiskunde juffrou haar werk kwyt.


Daar is ‘n baie fyn lyn -  en dis belangrik dat ons aan die regte kant bly!

Monday, 22 February 2016

'N hart of 'n rekenaar wat luister?

Leerders stap in die rekenaar lokaal in, onmiddelik op hulle gemak en die glimlagte is sommer baie breed, want daar is 'n video op die skerm. Die video begin, dis lekker musiek en almal kry onmiddelik baie energie en is sommer lus om te leer.

Dis belangrik om te dink oor presies hoekom leerders in ekstase is daaroor? Ek dink 'n groot faktor is die feit dat dit iets nuut is. As jy 'n nuwe speelding het, wil jy heeldag daarmee speel - gee dit 'n week of so, dan is leerders heel eenvoudig terug by die begin. Ja, leerders leer baie deur KORREK gebruik te maak van tegnologie en die internet.

Podcast, video klasse, Youtube, Google en soveel meer. Leerders het 'n eindelose put van inligting wat aan hulle beskikbaar gestel word. Jy as opvoeder is mismoedig, want wat is dan nou jou doel? Is dit heel eenvoudig 'n geval van: "If you can't beat them, join them".

Besluit jy dan as opvoeder om die rekenaar tegnologie in te vaar en ook video klasse, skuifies en videos saam te stel met jou rekenaarvaardighede? Hierdie klink na 'n goeie idee, behalwe dat onderwysers se kennis oor videos saam stel varieer van uiters handig en kreatief tot terug by 'n persoon wat net 'n liedjie by 'n Powerpoint kan sit. So is tegnologie en rekenaar opvoeding met elke leerder agter 'n rekenaar of tablet die oplossing?

Ek dink 'n onderwyser moet 'n goeie balans handhaaf tussen werk op rekenaars, addisionele internetbronne en die goeie ou gewone pen en papier kennis. Die prag en opwindenheid van onderwys is daarin gelee dat elke dag anders is, want jy werk met mense. Dieselfde kind wat gelukkig was verlede week, kan dalk hierdie week ten gronde wees a.g.v. probleme by die huis of boelies by die skool.

Hierdie persoonlikheids en emosionele stand van leerders maak dit moeilik om vooraf 'n les bekend te stel op die Internet, want jou voorafgestelde idee van wat die leerder se reaksie gaan wees, is nie noodwendig wat die uitkoms gaan wees nie. En hoe stel jy dan vas hoe effektief hierdie digitale klas van jou was?

Daarom in my oe, leerders moet 'n onderwyser he, 'n persoon wat hulle kan leer en kan ondersteun. Tegnologie is fantasties, maar vir een of twee konsepte, maar beslis nie die voltydse oplossing nie. 'N masjien kan nie al jou vrae antwoord nie en ook nie die hart agter die rekenaar se nood raaksien nie.

Tuesday, 16 February 2016

Wie help dit eintlik?

Die ou swartbord kraak soos wat die onderwyser dit op en afrol om so veel as moontlik woorde in te pas vir die agter osse wat ook in die kraal moet kom. Agter die onderwyser se rug is party leerders besig om te gesels, ander is op hulle selfone en dan die pligsgetroues is hard aan die notas maak. Jy mag dalk dink, sjoe, ons is mos verby hierdie stadium met al die interaktiewe borde en Powerpoint voorleggings.

Juffrou het gedeurnag om hierdie uitnemende Powerpoint skyfies te maak, sy neem dit, plaas dit op die skerm en daar gaan die rekenaarskerm swart, nou wat nou?

Ongelukkig is tegnologie in die vorm van rekenaars nie betroubaar nie, want eerstens 'n rekenaar kan net uitvoer wat ingevoer is. En ook, hierdie is Suid-Afrika, beurtkrag is 'n werklikheid.

Onderwysers is nie altyd vertroud met rekenaars nie en swak voorleggings op skyfies is duisend maal erger as die ou krakerige swartbord. Ek het al baie maal in lesings lokale gesit en besef watter ewil hierdie skyfies eintlik is. Dit is soveel inligting wat so punt vir punt neergesit is en jy dink alreeds aan die toets daardie tyd en hoe op aarde dink hierdie Meneer of Juffrou gaan ek dit onthou? Onmiddelik is jy ontmoedig en hou sommer op met luister en fokus.

Dit laat mens dink. Wat help nou eintlik om groot massas inligting in te neem, om dit op 'n skyfie te he of op die ou getroue swartbord?

Hierdie vraag is baie belangrik, want dit laat jou besef dat al hierdie fantastiese hulpmiddels sinneloos is as dit nie reg toegepas word nie. Indien jy tegnologie implementeer in jou klaskamers, dan moet jy videos gebruik en leerders laat deelneem vanaf hulle selfone of tablette aan soektogte ens. Maar, ongelukkig lei hierdie optimale gebruik van tegnologie tot groter probleme, want die buurvrou het altyd 'n beter foon en facebook, whatsapp en verbode webtuistes is 'n ewil in jongmense se lewens.

So hoe gaan mens te werk om leerders se aandag te behou as tegnologie in die vorm van rekenaars nie noodwendig die oplossing is nie. Hoe kan mens hierdie sogenaamde "naked teaching" laat werk. Sien die volgende artikel as beginpunt vir hierdie blog: http://digitalhumanities.org/dhq/vol/5/3/000106/000106.html

Ek dink maak jou klas omgewing vrolik met plakate, stel visueel konsepte voor en laat die klas jou help en lei om inligting bymekaar te bring deur net wenke uit te ruil.

Sit maar jou rekenaar weg Meneer en Juffrou, vandag gesels ons net oor hoe ons beter kan leer!