Tuesday, 16 February 2016

Wie help dit eintlik?

Die ou swartbord kraak soos wat die onderwyser dit op en afrol om so veel as moontlik woorde in te pas vir die agter osse wat ook in die kraal moet kom. Agter die onderwyser se rug is party leerders besig om te gesels, ander is op hulle selfone en dan die pligsgetroues is hard aan die notas maak. Jy mag dalk dink, sjoe, ons is mos verby hierdie stadium met al die interaktiewe borde en Powerpoint voorleggings.

Juffrou het gedeurnag om hierdie uitnemende Powerpoint skyfies te maak, sy neem dit, plaas dit op die skerm en daar gaan die rekenaarskerm swart, nou wat nou?

Ongelukkig is tegnologie in die vorm van rekenaars nie betroubaar nie, want eerstens 'n rekenaar kan net uitvoer wat ingevoer is. En ook, hierdie is Suid-Afrika, beurtkrag is 'n werklikheid.

Onderwysers is nie altyd vertroud met rekenaars nie en swak voorleggings op skyfies is duisend maal erger as die ou krakerige swartbord. Ek het al baie maal in lesings lokale gesit en besef watter ewil hierdie skyfies eintlik is. Dit is soveel inligting wat so punt vir punt neergesit is en jy dink alreeds aan die toets daardie tyd en hoe op aarde dink hierdie Meneer of Juffrou gaan ek dit onthou? Onmiddelik is jy ontmoedig en hou sommer op met luister en fokus.

Dit laat mens dink. Wat help nou eintlik om groot massas inligting in te neem, om dit op 'n skyfie te he of op die ou getroue swartbord?

Hierdie vraag is baie belangrik, want dit laat jou besef dat al hierdie fantastiese hulpmiddels sinneloos is as dit nie reg toegepas word nie. Indien jy tegnologie implementeer in jou klaskamers, dan moet jy videos gebruik en leerders laat deelneem vanaf hulle selfone of tablette aan soektogte ens. Maar, ongelukkig lei hierdie optimale gebruik van tegnologie tot groter probleme, want die buurvrou het altyd 'n beter foon en facebook, whatsapp en verbode webtuistes is 'n ewil in jongmense se lewens.

So hoe gaan mens te werk om leerders se aandag te behou as tegnologie in die vorm van rekenaars nie noodwendig die oplossing is nie. Hoe kan mens hierdie sogenaamde "naked teaching" laat werk. Sien die volgende artikel as beginpunt vir hierdie blog: http://digitalhumanities.org/dhq/vol/5/3/000106/000106.html

Ek dink maak jou klas omgewing vrolik met plakate, stel visueel konsepte voor en laat die klas jou help en lei om inligting bymekaar te bring deur net wenke uit te ruil.

Sit maar jou rekenaar weg Meneer en Juffrou, vandag gesels ons net oor hoe ons beter kan leer!




No comments:

Post a Comment