Monday, 29 February 2016

Die harde werklikheid van Wiskunde

“Ek haat wiskunde #spreadmathhate”. “My wiskunde onderwyser het alweer vir ons ‘n pak huiswerk gegee vir more #sobaiewerkekslaapeerder”. “Wiskunde is aaklig #wiskundeisvirdievoëls”. “Wiskunde is absoluut ondoenbaar #skietmynou”. Hierdie is presies wat gaan gebeur as jy jou graad10 – graad12 leerders vrylaat op Twitter om deel te neem aan ‘n wiskunde gesprek.

Sosiale media soos Blogs, Twitter, Whatsapp, Facebook en Instagram is beslis ons toekoms en dit is ook iets wat leerders besonders prikkel om deel te wees, omdat dit vir hulle bekend is. Ons jongmense raak groot daarmee, dit voel op ons vlak, dis ons speelgrond en daarom is ons gemaklik. Noem my outyds, of net gemaklik met waarmee ek skool gegaan het, maar sosiale media hoort nie vir my in ‘n wiskunde klas nie.

Wiskunde is vir my ‘n vak met baie streng dissiplines en soos in my eerste paragraaf, dit is ook nie ‘n vak wat baie vriendelik en gemaklik by leerders is nie. Daar is altyd die uitsondering op die persoon wat ‘n wiskundige, aktuaris, ingenieur of een of ander wetenskaplike wil wees, maar dis soos die engelsman sê: “far and few between”.

Ek dink egter dat leerders moet gebruik maak van internet bronne om meer oor wiskunde uit te vind. Bietjie addisionele navorsing te doen om bewyse te verstaan en wiskundige stellings hul eie te maak. Ons moet in ons onderwystelsel leerders probeer prikkel om die wiskunde taal te verstaan. Dalk na so paar Blogs of Tweets kry jy dalk die perfekte studie vriend/vriendin, maar die waarskynlikheid is min en sal beslis ondersoek moet word (; ...

Porgramme wat beskikbaar is op die internte, soos byvoorbeeld Geogebra, is iets waaraan ek graag enige leerder wil bekendstel. Dit is ‘n program waar mens grafieke kan tre, konstruksies kan doen en dit kan rondskuif. Hierdie is ‘n platform wat ek graag in ‘n klaskamer sal wil gebruik en toepas. Leerders kan hieruit leer en dan daaroor hulle ervarings deel op sosiale netwerke, omdat dit iets meer informeel en  “buite” die klaskamer is.

In die geval wat sosiale media aangewend sal word, sal dit wees om inligting oor te dra aan leerders wat belangrik is, want watter deursnee tiener kyk nie elke aand laaste ding voor slaaptyd op hulle foon nie, al is dit net om seker te maak daar is nie een nuwe notification nie. Sport, kultuur en buitemuurse aktiwiteite waarvan jy foto’s wil deel  of  minder formele skool aktiwiteite is gepas vir sosiale media. Ook hier moet jy as onderwyser ongelooflik baie diskresie toon. Inligting versprei soos veldbrande, een verkeerde foto, een skewe woordjie, een verdraaing van die waarheid en daar is nog is ‘n wiskunde juffrou haar werk kwyt.


Daar is ‘n baie fyn lyn -  en dis belangrik dat ons aan die regte kant bly!

No comments:

Post a Comment