Kom ons omhein slegs wiskunde en verwante vakke. Aanlynonderwys is beslis 'n moontlikheid en ook in sommige omstandighede meer behulpsaam vir leerders. Leerders wat gebruik maak van aanlyn onderrig ontwikkel 'n leerstyl wat vir hulle werk. Om inligting te ontvang aanlyn is baie handig, jy kan die "pause" knoppie druk, "rewind" om net weer te hoor wat die Meneer/juffrou gesê het. Leerders kan dus op hulle eie tempo werk en seker maak hulle verstaan deur konsepte herhaaldelik te hoor.
Vanuit persoonlike ervaring. Ek het aanlyn/afstandonderwys ontvang in my Addisionele Wiskunde (Admaths). Notas is elke week via e-pos gestuur en indien jy enige vra gehad het kon jy 'n hulplyn skakel of 'n afspraak op Skype gehad het met 'n tutor. Hierdie aanlynonderrig behels 'n paar kritiese komponente. Voorbeelde en oordrag manier vanaf onderwysers moet baie volledig wees en bestaande uit menigde voorbeelde asook verskillende mániere van benadering. Leerders moet dan identifiseer met 'n metode wat werk vir hulle. Dit is baie verrykend vir leerders om verkillende metodes te sien omdat dit leerders se kritiese denke vermoë bevorder.
Aanlynonderrig bevorder selfdissipline by leerders, dit neem baie meer dissipline om by jou rekenaar te sit en somme te ontleet as om net 'n juffrou te hê wat dit verduidelik en skribbel op die bord voor jou. Die vermoë om inligting te neem en jou eie te maak is baie belangrik, leerders is baie geneig om net 'n massa inligting te neem, te leer en weer te gee. Hierdie proses vind plaas, maar leerders het steeds geen idee wat die werk behels nie. Gevolglik word die wiskunde somme al moeiliker, jy kan dit nie meer leer nie, oops - ek het nooit Wiskunde verstaan nie en nou neem my Wiskunde punte eksponensieel af en leerders en ouers blameer die juffrou.
Bereidheid om te sukkel en iets self te probeer verstaan is baie baie kardinaal in Wiskunde, anders gaan jy jouself iewers vasloop in 'n hoek. Aanlynonderrig verplig leerders om daardie eienskappe te bevorder, maar leerders wat nie bereid is nie, gaan nie slaag met aanlynonderrig nie.
Ek ondervind dat leerders wat aanlyn onderrig ontvang het en/of net beskik oor die eienskap om op sy eie te werk en werk te ontleed vorder goed in naskoolse studies. Hierdie leerders is gewoont daaraan om op sy/haar eie te werk deur net die beskikbare materiale te gebruik en navorsing te doen indien jy steeds vashak. En dit is die essens van 'n student wees.
'N onderwyser kan nooit vervang word nie, maar aanlynonderrig stel jou in staat om honderde leerders te help in plaas van net daardie in jou klas!
No comments:
Post a Comment