"Meditation is a practice where an individual trains the mind or induces a mode of consciousness, either to realize some benefit or for the mind to simply acknowledge its content without becoming identified with that content, or as an end in itself." - wikipedia
Leerders moet in 'n klaskamer inloop en tuis voel, dit moet 'n vriendelike en toeganklike omgewing wees.
As jy na hierdie twee klaskamers kyk, kan jy iets sien van die onderwyser en hulle gewilligheid om moeite te doen. Leerders kry baie maklik 'n gevoel oor 'n persoon en die pynlike eerlikheid waarmee jong mense oordeel, kan jou soms onderkry.
Leerders se brein gaan gestimuleer word as hulle Wiskunde somme op die muur sien en gekonfronteer word met probleme in hulle onderbewussein.
Hoe betrek mens leerders binne in die konteks van die Wiskunde somme en begrippe. Sjoe - makliker gesê as gedaan. Ek is al baie gekonfronteer met wiskunde probleme met 'n verskeidenheid persone. Vanaf baie arm skole na 'n Wiskunde eerstejaarsklas, en Wiskunde bly 'n probleem - dit is 'n "Mental block" vir so baie mense - hoe klim mens daaroor?
Die sleutel tot sukses. Daar is 'n verskeidenheid maniere om 'n Wiskunde som te doen, leerders moet dit weet en jy moet hulle metode aanhoor en ondersteun as dit reg is en indien dit onvoeldoende is, moet jy hulle regstel op 'n gepaste manier sonder om hard voor te kom. Soos die Afrikaanse idioom sê - elke man soen sy vrou op 'n ander manier.
Leerders ontwikkel sodoende 'n metode wat sin maak vir hulle en kan daarom 'n huis begin bou op 'n fondasie wat vir hom of haar sin maak. As leerders bewus raak van hulle opsies en self begin dink en die vrymoedigheid hê om deel te neem kan jy leerders stimuleer en onderwys kan begin.
Dit is hier waar leerders se brein ontwikkel en hulle uiteindelik die woord (leer)der "verdien".
Onderwysers moet stimulerende inhoude bespreek, maar 'n verskeidenheid metodes en idees akkomodeer. Voorbeelde moet divers wees en leerders moet kan identifiseer daarmee. Dit help nie jy praat van 'n ingenieur koop nie - probeer eerder iets soos, jy gaan koop 'n brood of jy spaar vir 'n playstation.
Indien moontlik, en dit skakel in by 'n vriendelike klaskamer, verduidelik konsepte visueel. Indien jy die regter- en linkerbrein saam kan span, dan het jy 'n optimale individu. Die kreatiewe brein help dan die analitiese brein en leerders kan hulself plaas in die konteks en saam werk!
No comments:
Post a Comment