'N Interaktiewe witbord. 'N bord voor in die klas, wat lyk soos 'n ou gewone witbord. Sonder die elektrisiteit gekoppel is dit nutteloos, maar met die elektrisiteit en nodige vaardighede is hierdie wit bord soveel meer!
'N interaktiewe witbord is basies 'n projekter wat projekteer wat op 'n rekenaar gebeur. Behalwe dat dit 'n groot raakskerm is waar jy kan skryf in verkillende klere. Hierdie is baie handig in enige Wiskunde klaskamer. Gegee enige grafiek, met die gebruik van die bord kan ons hierdie grafiek roteer, transleer, reflekteer en die grafiek bly akkuraat. Ons kan meetkunde aanbied, vorms skuif en vir leerders grafies verduidelik wat aangaan. Jy as onderwyser hoef nie te sukkel om akkuraat te teken nie.
Net so terloops, sirkels op 'n bord met 'n akkurate middelpunt is glad nie 'n maklike taak nie. Hierdie borde kan jou help om akkuraat te werk. Sketse wat verkeerdelik getrek word kan lei tot onnodige misverstande.
Jy kan natuurlik jou klas betrek deur vir elke een 'n ander kleur pen gee. Elke leerder kan die geleentheid kry om ons grafieke te kopieer en dan kan die klas die tipe transformasie bespreek. As leerders self iets doen, dan onthou hulle beter! Leerders kan weereens hulle analitiese en kreatiewe denke bymekaar bring. Soos genoem in vroeër blogs lei die gebruik van die linker- en regterbrein tot die optimale leerder.
Nie net kan jy skryf, verander en aanpas aan GeoGebra grafieke en vorms nie, die bord het nog potensiaal.
Hierdie borde kan gebruik word om videos te kyk. Enige leerder se aandag is onmiddelik gestimuleer deur klank en 'n beeld. Ons kan nie leerders blameer nie. Tegnologie is geïntegreerd in ons manier van lewe. Soos my ma altyd sê: "ons is gebore met selfone in ons hande". Met die gevolg is dat ons leerders moet leer in 'n konteks wat hulle ken en waarmee hulle gemaklik is.
Al is dit 'n baie vervelige Wiskunde video, gaan leerders steeds meer bereidwilligheid om aandag te gee. Deur gebruik te maak van tegnologie en witborde kan jy vir leerders bietjie Wiskunde probleme buite die klaskamer leer. Die natuur het soveel interessante wiskunde veskynsels soos Fibonacci in blomme en Golden Ratios in jou branders en jou hele fisiologiese samestelling.
Ons moet hierdie borde kry om interAKTIEF te wees! Leerders moet in spring en deel neem. Hulle moet opgewonde raak en breine moet geprikkel word deur al die moontlikhede daar buite!
No comments:
Post a Comment