“Ek haat wiskunde #spreadmathhate”. “My
wiskunde onderwyser het alweer vir ons ‘n pak huiswerk gegee vir more
#sobaiewerkekslaapeerder”. “Wiskunde is aaklig #wiskundeisvirdievoëls”. “Wiskunde
is absoluut ondoenbaar #skietmynou”. Hierdie is presies wat gaan gebeur as jy
jou graad10 – graad12 leerders vrylaat op Twitter om deel te neem aan ‘n
wiskunde gesprek.
Sosiale media soos Blogs, Twitter, Whatsapp,
Facebook en Instagram is beslis ons toekoms en dit is ook iets wat leerders
besonders prikkel om deel te wees, omdat dit vir hulle bekend is. Ons jongmense
raak groot daarmee, dit voel op ons vlak, dis ons speelgrond en daarom is ons
gemaklik. Noem my outyds, of net gemaklik met waarmee ek skool gegaan het, maar
sosiale media hoort nie vir my in ‘n wiskunde klas nie.
Wiskunde is vir my ‘n vak met baie streng dissiplines
en soos in my eerste paragraaf, dit is ook nie ‘n vak wat baie vriendelik en
gemaklik by leerders is nie. Daar is altyd die uitsondering op die persoon wat ‘n
wiskundige, aktuaris, ingenieur of een of ander wetenskaplike wil wees, maar
dis soos die engelsman sê: “far and few between”.
Ek dink egter dat leerders moet gebruik maak
van internet bronne om meer oor wiskunde uit te vind. Bietjie addisionele
navorsing te doen om bewyse te verstaan en wiskundige stellings hul eie te
maak. Ons moet in ons onderwystelsel leerders probeer prikkel om die wiskunde
taal te verstaan. Dalk na so paar Blogs of Tweets kry jy dalk die perfekte
studie vriend/vriendin, maar die waarskynlikheid is min en sal beslis ondersoek
moet word (; ...
Porgramme wat beskikbaar is op die internte,
soos byvoorbeeld Geogebra, is iets waaraan ek graag enige leerder wil
bekendstel. Dit is ‘n program waar mens grafieke kan tre, konstruksies kan doen
en dit kan rondskuif. Hierdie is ‘n platform wat ek graag in ‘n klaskamer sal
wil gebruik en toepas. Leerders kan hieruit leer en dan daaroor hulle ervarings
deel op sosiale netwerke, omdat dit iets meer informeel en “buite” die klaskamer is.
In die geval wat sosiale media aangewend sal
word, sal dit wees om inligting oor te dra aan leerders wat belangrik is, want
watter deursnee tiener kyk nie elke aand laaste ding voor slaaptyd op hulle
foon nie, al is dit net om seker te maak daar is nie een nuwe notification nie.
Sport, kultuur en buitemuurse aktiwiteite waarvan jy foto’s wil deel of minder
formele skool aktiwiteite is gepas vir sosiale media. Ook hier moet jy as
onderwyser ongelooflik baie diskresie toon. Inligting versprei soos veldbrande,
een verkeerde foto, een skewe woordjie, een verdraaing van die waarheid en daar
is nog is ‘n wiskunde juffrou haar werk kwyt.
Daar is ‘n baie fyn lyn - en dis belangrik dat ons aan die regte kant
bly!